1 Pedro 2

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs VC

Sair da comparação
VC Versão Católica
1 Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;
1 Deponde, pois, toda malícia, toda astúcia, fingimentos, invejas e toda espécie de maledicência.
2 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,
2 as newborn babes desire earnestly the pure mental milk of the word, that by it ye may grow up to salvation,
3 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.
3 if indeed ye have tasted that the Lord {is} good.
4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;
4 — ausente —
5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
5 yourselves also, as living stones, are being built up a spiritual house, a holy priesthood, to offer spiritual sacrifices acceptable to God by Jesus Christ.
6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.
6 Because it is contained in the scripture: Behold, I lay in Zion a corner stone, elect, precious: and he that believes on him shall not be put to shame.
7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling --
7 To you therefore who believe {is} the preciousness; but to the disobedient, the stone which the builders cast away as worthless, this is become head of {the} corner,
8 vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.
8 and a stone of stumbling and rock of offence; {who} stumble at the word, being disobedient to which also they have been appointed.
9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
9 But *ye* {are} a chosen race, a kingly priesthood, a holy nation, a people for a possession, that ye might set forth the excellencies of him who has called you out of darkness to his wonderful light;
10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
10 who once {were} not a people, but now God's people; who were not enjoying mercy, but now have found mercy.
11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
11 Beloved, I exhort {you}, as strangers and sojourners, to abstain from fleshly lusts, which war against the soul;
12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
12 having your conversation honest among the Gentiles, that {as to that} in which they speak against you as evildoers, they may through {your} good works, {themselves} witnessing {them}, glorify God in {the} day of visitation.
13 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here -- of dit die koning is as opperheer,
13 — ausente —
14 of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.
14 or to rulers as sent by him, for vengeance on evildoers, and praise to them that do well.
15 Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,
15 Because so is the will of God, that by well-doing ye put to silence the ignorance of senseless men;
16 as vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.
16 as free, and not as having liberty as a cloak of malice, but as God's bondmen.
17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
17 Shew honour to all, love the brotherhood, fear God, honour the king.
18 Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.
18 Servants, {be} subject with all fear to your masters, not only to the good and gentle, but also to the ill-tempered.
19 Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.
19 For this {is} acceptable, if one, for conscience sake towards God, endure griefs, suffering unjustly.
20 Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly -- dit is genade by God.
20 For what glory {is it}, if sinning and being buffeted ye shall bear {it}? but if, doing good and suffering, ye shall bear {it}, this is acceptable with God.
21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;
21 For to this have ye been called; for Christ also has suffered for you, leaving you a model that ye should follow in his steps:
22 Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;
22 who did no sin, neither was guile found in his mouth;
23 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;
23 who, {when} reviled, reviled not again; {when} suffering, threatened not; but gave {himself} over into the hands of him who judges righteously;
24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
24 who himself bore our sins in his body on the tree, in order that, being dead to sins, we may live to righteousness: by whose stripes ye have been healed.
25 Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.
25 For ye were going astray as sheep, but have now returned to the shepherd and overseer of your souls.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Pedro 2, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.