1 Coríntios 9
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF
1 Is ek nie 'n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?
1 Não sou eu apóstolo? Não sou livre? Não vi eu a Jesus Cristo Senhor nosso? Não sois vós a minha obra no Senhor?
2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.
2 Se eu não sou apóstolo para os outros, ao menos o sou para vós; porque vós sois o selo do meu apostolado no Senhor.
3 My verantwoording aan die wat my beskuldig, is d¡t:
3 Esta é minha defesa para com os que me condenam.
4 Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?
4 Não temos nós direito de comer e beber?
5 Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en C,fas nie?
5 Não temos nós direito de levar conosco uma esposa crente, como também os demais apóstolos, e os irmãos do Senhor, e Cefas?
6 Of het net ek en Barnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?
6 Ou só eu e Barnabé não temos direito de deixar de trabalhar?
7 Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas 'n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?
7 Quem jamais milita à sua própria custa? Quem planta a vinha e não come do seu fruto? Ou quem apascenta o gado e não se alimenta do leite do gado?
8 Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?
8 Digo eu isto segundo os homens? Ou não diz a lei também o mesmo?
9 Want in die wet van Moses is geskrywe: 'n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?
9 Porque na lei de Moisés está escrito: Não atarás a boca ao boi que trilha o grão. Porventura tem Deus cuidado dos bois?
10 Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.
10 Ou não o diz certamente por nós? Certamente que por nós está escrito; porque o que lavra deve lavrar com esperança e o que debulha deve debulhar com esperança de ser participante.
11 As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit 'n groot saak as ons julle stoflike goed maai?
11 Se nós vos semeamos as coisas espirituais, será muito que de vós recolhamos as carnais?
12 As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.
12 Se outros participam deste poder sobre vós, por que não, e mais justamente, nós? Mas nós não usamos deste direito; antes suportamos tudo, para não pormos impedimento algum ao evangelho de Cristo.
13 Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?
13 Não sabeis vós que os que administram o que é sagrado comem do que é do templo? E que os que de contínuo estão junto ao altar, participam do altar?
14 So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
14 Assim ordenou também o Senhor aos que anunciam o evangelho, que vivam do evangelho.
15 Maar ,k het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf d¡t nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.
15 Mas eu de nenhuma destas coisas usei, e não escrevi isto para que assim se faça comigo; porque melhor me fora morrer, do que alguém fazer vã esta minha glória.
16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
16 Porque, se anuncio o evangelho, não tenho de que me gloriar, pois me é imposta essa obrigação; e ai de mim, se não anunciar o evangelho!
17 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is 'n rentmeesterskap aan my toevertrou.
17 E por isso, se o faço de boa mente, terei prêmio; mas, se de má vontade, apenas uma dispensação me é confiada.
18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.
18 Logo, que prêmio tenho? Que, evangelizando, proponha de graça o evangelho de Cristo para não abusar do meu poder no evangelho.
19 Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.
19 Porque, sendo livre para com todos, fiz-me servo de todos para ganhar ainda mais.
20 Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win.
20 E fiz-me como judeu para os judeus, para ganhar os judeus; para os que estão debaixo da lei, como se estivesse debaixo da lei, para ganhar os que estão debaixo da lei.
21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet -- al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus -- om die wat sonder die wet is, te win;
21 Para os que estão sem lei, como se estivesse sem lei (não estando sem lei para com Deus, mas debaixo da lei de Cristo), para ganhar os que estão sem lei.
22 vir die swakkes het ek soos 'n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.
22 Fiz-me como fraco para os fracos, para ganhar os fracos. Fiz-me tudo para todos, para por todos os meios chegar a salvar alguns.
23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word.
23 E eu faço isto por causa do evangelho, para ser também participante dele.
24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal.
24 Não sabeis vós que os que correm no estádio, todos, na verdade, correm, mas um só leva o prêmio? Correi de tal maneira que o alcanceis.
25 En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles -- hulle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.
25 E todo aquele que luta de tudo se abstém; eles o fazem para alcançar uma coroa corruptível; nós, porém, uma incorruptível.
26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
26 Pois eu assim corro, não como a coisa incerta; assim combato, não como batendo no ar.
27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.
27 Antes subjugo o meu corpo, e o reduzo à servidão, para que, pregando aos outros, eu mesmo não venha de alguma maneira a ficar reprovado.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Coríntios 9, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.