1 Coríntios 15
1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ACF
1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
1 Também vos notifico, irmãos, o evangelho que já vos tenho anunciado; o qual também recebestes, e no qual também permaneceis.
2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
2 Pelo qual também sois salvos se o retiverdes tal como vo-lo tenho anunciado; se não é que crestes em vão.
3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
3 Porque primeiramente vos entreguei o que também recebi: que Cristo morreu por nossos pecados, segundo as Escrituras,
4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
4 E que foi sepultado, e que ressuscitou ao terceiro dia, segundo as Escrituras.
5 en dat Hy aan C,fas verskyn het; daarna aan die twaalf.
5 E que foi visto por Cefas, e depois pelos doze.
6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
6 Depois foi visto, uma vez, por mais de quinhentos irmãos, dos quais vive ainda a maior parte, mas alguns já dormem também.
7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
7 Depois foi visto por Tiago, depois por todos os apóstolos.
8 en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
8 E por derradeiro de todos me apareceu também a mim, como a um abortivo.
9 Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.
9 Porque eu sou o menor dos apóstolos, que não sou digno de ser chamado apóstolo, pois que persegui a igreja de Deus.
10 Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.
10 Mas pela graça de Deus sou o que sou; e a sua graça para comigo não foi vã, antes trabalhei muito mais do que todos eles; todavia não eu, mas a graça de Deus, que está comigo.
11 Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.
11 Então, ou seja eu ou sejam eles, assim pregamos e assim haveis crido.
12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
12 Ora, se se prega que Cristo ressuscitou dentre os mortos, como dizem alguns dentre vós que não há ressurreição de mortos?
13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
13 E, se não há ressurreição de mortos, também Cristo não ressuscitou.
14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
14 E, se Cristo não ressuscitou, logo é vã a nossa pregação, e também é vã a vossa fé.
15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
15 E assim somos também considerados como falsas testemunhas de Deus, pois testificamos de Deus, que ressuscitou a Cristo, ao qual, porém, não ressuscitou, se, na verdade, os mortos não ressuscitam.
16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
16 Porque, se os mortos não ressuscitam, também Cristo não ressuscitou.
17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
17 E, se Cristo não ressuscitou, é vã a vossa fé, e ainda permaneceis nos vossos pecados.
18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
18 E também os que dormiram em Cristo estão perdidos.
19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
19 Se esperamos em Cristo só nesta vida, somos os mais miseráveis de todos os homens.
20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
20 Mas de fato Cristo ressuscitou dentre os mortos, e foi feito as primícias dos que dormem.
21 Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.
21 Porque assim como a morte veio por um homem, também a ressurreição dos mortos veio por um homem.
22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
22 Porque, assim como todos morrem em Adão, assim também todos serão vivificados em Cristo.
23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
23 Mas cada um por sua ordem: Cristo as primícias, depois os que são de Cristo, na sua vinda.
24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
24 Depois virá o fim, quando tiver entregado o reino a Deus, ao Pai, e quando houver aniquilado todo o império, e toda a potestade e força.
25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
25 Porque convém que reine até que haja posto a todos os inimigos debaixo de seus pés.
26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
26 Ora, o último inimigo que há de ser aniquilado é a morte.
27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
27 Porque todas as coisas sujeitou debaixo de seus pés. Mas, quando diz que todas as coisas lhe estão sujeitas, claro está que se excetua aquele que lhe sujeitou todas as coisas.
28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
28 E, quando todas as coisas lhe estiverem sujeitas, então também o mesmo Filho se sujeitará àquele que todas as coisas lhe sujeitou, para que Deus seja tudo em todos.
29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
29 Doutra maneira, que farão os que se batizam pelos mortos, se absolutamente os mortos não ressuscitam? Por que se batizam eles então pelos mortos?
30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?
30 Por que estamos nós também a toda a hora em perigo?
31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
31 Eu protesto que cada dia morro, gloriando-me em vós, irmãos, por Cristo Jesus nosso Senhor.
32 As ek in Âfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!
32 Se, como homem, combati em Éfeso contra as bestas, que me aproveita isso, se os mortos não ressuscitam? Comamos e bebamos, que amanhã morreremos.
33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
33 Não vos enganeis: as más conversações corrompem os bons costumes.
34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
34 Vigiai justamente e não pequeis; porque alguns ainda não têm o conhecimento de Deus; digo-o para vergonha vossa.
35 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
35 Mas alguém dirá: Como ressuscitarão os mortos? E com que corpo virão?
36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
36 Insensato! o que tu semeias não é vivificado, se primeiro não morrer.
37 En wat jy saai -- jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar 'n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
37 E, quando semeias, não semeias o corpo que há de nascer, mas o simples grão, como de trigo, ou de outra qualquer semente.
38 Maar God gee dit 'n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
38 Mas Deus dá-lhe o corpo como quer, e a cada semente o seu próprio corpo.
39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en die van visse anders as die van voëls.
39 Nem toda a carne é uma mesma carne, mas uma é a carne dos homens, e outra a carne dos animais, e outra a dos peixes e outra a das aves.
40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse.
40 E há corpos celestes e corpos terrestres, mas uma é a glória dos celestes e outra a dos terrestres.
41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
41 Uma é a glória do sol, e outra a glória da lua, e outra a glória das estrelas; porque uma estrela difere em glória de outra estrela.
42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
42 Assim também a ressurreição dentre os mortos. Semeia-se o corpo em corrupção; ressuscitará em incorrupção.
43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
43 Semeia-se em ignomínia, ressuscitará em glória. Semeia-se em fraqueza, ressuscitará com vigor.
44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
44 Semeia-se corpo natural, ressuscitará corpo espiritual. Se há corpo natural, há também corpo espiritual.
45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees.
45 Assim está também escrito: O primeiro homem, Adão, foi feito em alma vivente; o último Adão em espírito vivificante.
46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
46 Mas não é primeiro o espiritual, senão o natural; depois o espiritual.
47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
47 O primeiro homem, da terra, é terreno; o segundo homem, o Senhor, é do céu.
48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
48 Qual o terreno, tais são também os terrestres; e, qual o celestial, tais também os celestiais.
49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
49 E, assim como trouxemos a imagem do terreno, assim traremos também a imagem do celestial.
50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
50 E agora digo isto, irmãos: que a carne e o sangue não podem herdar o reino de Deus, nem a corrupção herdar a incorrupção.
51 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
51 Eis aqui vos digo um mistério: Na verdade, nem todos dormiremos, mas todos seremos transformados;
52 in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
52 Num momento, num abrir e fechar de olhos, ante a última trombeta; porque a trombeta soará, e os mortos ressuscitarão incorruptíveis, e nós seremos transformados.
53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
53 Porque convém que isto que é corruptível se revista da incorruptibilidade, e que isto que é mortal se revista da imortalidade.
54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
54 E, quando isto que é corruptível se revestir da incorruptibilidade, e isto que é mortal se revestir da imortalidade, então cumprir-se-á a palavra que está escrita: Tragada foi a morte na vitória.
55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
55 Onde está, ó morte, o teu aguilhão? Onde está, ó inferno, a tua vitória?
56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
56 Ora, o aguilhão da morte é o pecado, e a força do pecado é a lei.
57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
57 Mas graças a Deus que nos dá a vitória por nosso Senhor Jesus Cristo.
58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
58 Portanto, meus amados irmãos, sede firmes e constantes, sempre abundantes na obra do Senhor, sabendo que o vosso trabalho não é vão no Senhor.
Atalhos do teclado
- Capítulo anterior←
- Próximo capítulo→
- Versículo anteriork
- Próximo versículoj
- Limpar seleçãoEsc
- Esta ajuda?
Estude este capítulo no WhatsApp
Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Coríntios 15, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.