1 Coríntios 10

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353) vs ARIB

Sair da comparação
ARIB Almeida Revisada Imprensa Bíblica
1 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,
1 Pois não quero, irmãos, que ignoreis que nossos pais estiveram todos debaixo da nuvem, e todos passaram pelo mar;
2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,
2 e, na nuvem e no mar, todos foram batizados em Moisés,
3 en almal dieselfde geestelike spys geëet het,
3 e todos comeram do mesmo alimento espiritual;
4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
4 e beberam todos da mesma bebida espiritual, porque bebiam da pedra espiritual que os acompanhava; e a pedra era Cristo.
5 Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
5 Mas Deus não se agradou da maior parte deles; pelo que foram prostrados no deserto.
6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.
6 Ora, estas coisas nos foram feitas para exemplo, a fim de que não cobicemos as coisas más, como eles cobiçaram.
7 En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.
7 Não vos torneis, pois, idólatras, como alguns deles, conforme está escrito: O povo assentou-se a comer e a beber, e levantou-se para folgar.
8 En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.
8 Nem nos prostituamos, como alguns deles fizeram; e caíram num só dia vinte e três mil.
9 En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
9 E não tentemos o Senhor, como alguns deles o tentaram, e pereceram pelas serpentes.
10 En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.
10 E não murmureis, como alguns deles murmuraram, e pereceram pelo destruidor.
11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
11 Ora, tudo isto lhes acontecia como exemplo, e foi escrito para aviso nosso, para quem já são chegados os fins dos séculos.
12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
12 Aquele, pois, que pensa estar em pé, olhe não caia.
13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
13 Não vos sobreveio nenhuma tentação, senão humana; mas fiel é Deus, o qual não deixará que sejais tentados acima do que podeis resistir, antes com a tentação dará também o meio de saída, para que a possais suportar.
14 Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.
14 Portanto, meus amados, fugi da idolatria.
15 Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:
15 Falo como a entendidos; julgai vós mesmos o que digo.
16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
16 Porventura o cálice de bênção que abençoamos, não é a comunhão do sangue de Cristo? O pão que partimos, não é porventura a comunhão do corpo de Cristo?
17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
17 Pois nós, embora muitos, somos um só pão, um só corpo; porque todos participamos de um mesmo pão.
18 Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?
18 Vede a Israel segundo a carne; os que comem dos sacrifícios não são porventura participantes do altar?
19 Wat sê ek dan? Dat 'n afgod iets is, of dat 'n afgodsoffer iets is?
19 Mas que digo? Que o sacrificado ao ídolo é alguma coisa? Ou que o ídolo é alguma coisa?
20 Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
20 Antes digo que as coisas que eles sacrificam, sacrificam-nas a demônios, e não a Deus. E não quero que sejais participantes com os demônios.
21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
21 Não podeis beber do cálice do Senhor e do cálice de demônios; não podeis participar da mesa do Senhor e da mesa de demônios.
22 Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?
22 Ou provocaremos a zelos o Senhor? Somos, porventura, mais fortes do que ele?
23 Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
23 Todas as coisas são lícitas, mas nem todas as coisas convêm; todas as coisas são lícitas, mas nem todas as coisas edificam.
24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.
24 Ninguém busque o proveito próprio, antes cada um o de outrem.
25 Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
25 Comei de tudo quanto se vende no mercado, nada perguntando por causa da consciência.
26 Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
26 Pois do Senhor é a terra e a sua plenitude.
27 En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
27 Se, portanto, algum dos incrédulos vos convidar, e quiserdes ir, comei de tudo o que se puser diante de vós, nada perguntando por causa da consciência.
28 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer -- moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete -- want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan --
28 Mas, se alguém vos disser: Isto foi oferecido em sacrifício; não comais por causa daquele que vos advertiu e por causa da consciência;
29 ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur 'n ander se gewete?
29 consciência, digo, não a tua, mas a do outro. Pois, por que há de ser julgada a minha liberdade pela consciência de outrem?
30 En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?
30 E, se eu com gratidão participo, por que sou vilipendiado por causa daquilo por que dou graças?
31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
31 Portanto, quer comais quer bebais, ou façais, qualquer outra coisa, fazei tudo para glória de Deus.
32 Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;
32 Não vos torneis causa de tropeço nem a judeus, nem a gregos, nem a igreja de Deus;
33 net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar die van baie, sodat hulle gered kan word.
33 assim como também eu em tudo procuro agradar a todos, não buscando o meu próprio proveito, mas o de muitos, para que sejam salvos.

Ler em outra tradução

Comparar com outra

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar 1 Coríntios 10, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.