Salmos 93

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353)

1 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

2 Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U.

3 Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!

4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!

5 U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!

Ler em outra tradução

Comparar lado a lado

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 93, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.