Salmos 123

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353)

1 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.

2 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres -- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.

3 Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;

4 meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!

Ler em outra tradução

Comparar lado a lado

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 123, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.