Salmos 100

1933/1953 Afrikaans Bybel (AFR3353)

1 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!

2 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.

3 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

5 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

Ler em outra tradução

Comparar lado a lado

Estude este capítulo no WhatsApp

Peça à IA da Bíblia Fala para explicar Salmos 100, comparar traduções ou montar um estudo — tudo direto pelo WhatsApp.